Skip header
Vat so! Digwoord en wederwoord – ’n voorlesing en gesprek tussen drie digters
Ticketpro
Vat so! Digwoord en wederwoord – ’n voorlesing en gesprek tussen drie digters

Vat so! Digwoord en wederwoord – ’n voorlesing en gesprek tussen drie digters

08/29/2026
Sat 3:00 PM
Kapel @ Silvermist Gastehuis
48 Kantoor St, Kaapschehoop
1201 Mbombela
South Africa
from ZAR 50.00

In Brief op veertigduisend voet laat Tom Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk. Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte verweef met geskiedenis en die mens se interaksie met sy omgewing. Menslike verhoudinge word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld. ’n Opwindende en verbeeldingryke bundel wat met die Hertzogprys bekroon is.

Jennifer Pape se waar eens ’n see was kan beskou word as herinneringspoësie; daar is ook ’n jukstaposisie tussen magiese en wetenskaplike verskynsels. As ’n opgeleide geoloog sien Pape nie net verborge fossiele raak nie, maar ook die gode in ons aardse bestaan. Die gedigte is ingebed in die Vrystaat van haar jeug, waar sy bewus geword het van radiogolwe waarmee jy die buitenste ruim en selfs gestorwe geliefdes kan afluister.

Die langste jaar is op die oog af Minnaar se beskrywing van die saai bestaan van ’n staatsamptenaar, op soek na sin en die liefde. Maar dit is ook geskryf uit woede teen “die stelsel”. Sy skerp waarnemingsvermoë maak van sy buitestanderskap ’n deug, veral in die berugte Maders Hotel in Pretoria se Moot. “Tom Waits ontmoet Tarantino en Bukowski in ’n kroeg”, beskryf Joan Hambidge dié debuutbundel.

Prohibited Items: No Guns, Alcohol, Cooler Boxes, Own Food

Permitted Items: None Specified

Parking: In town people can park anywhere

Disabled Facilities: At each venue there are close by disable facilities



Prys: R50.00

Tickets start at
ZAR 50.00
Vat so! Digwoord en wederwoord – ’n voorlesing en gesprek tussen drie digters
Kapel @ Silvermist Gastehuis
08/29/2026
Sat 3:00 PM
Kapel @ Silvermist Gastehuis
48 Kantoor St, Kaapschehoop
1201 Mbombela
South Africa
from ZAR 50.00

Other events of Innibos Boekenaweek