


Historiese almanak – Onthou jy nog?
Historiese Almanak is ’n keur uit Albé se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie. Die wenverhaal duur voort.
Albé Grobbelaar is ’n bekroonde Bloemfonteinse uitsaaier, rubriekskrywer en joernalistiekdosent. Hy word bestempel as ’n meesterjoernalis wat sy eie genre geskep het, ’n lewende geskiedenisboek, ’n nuusskrywer wat die kuns van storie-vertel moeiteloos bemeester het.
Prohibited Items: No Guns, Alcohol, Cooler Boxes, Own Food
Permitted Items: None Specified
Parking: In town people can park anywhere
Disabled Facilities: At each venue there are close by disable facilities
Prys: R50.00
