


Die vrou met die nege lewens
Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis, sukkel die hoofkarakter om rus in haarself te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat soos ’n draad deur haar lewe loop.
Onvergenoeg, veral haarself, gaan sy op ’n soektog wat lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, psigoanalise, en sy pak selfs meer as een psigedeliese reis aan, met verreikende gevolge. En dan word haar soeke deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf ...
Debbie is tans die redakteur van die tydskrif REAL|life. Haar debuutroman, Split, het in 2016 die ATKV Woordveertjie Prosaprys verower.
Prohibited Items: No Guns, Alcohol, Cooler Boxes, Own Food
Permitted Items: None Specified
Parking: In town people can park anywhere
Disabled Facilities: At each venue there are close by disable facilities
Prys: R50.00
